Organiseerder
Juf. Chanel Jordan
chanel.laerskooltuine@gmail.com
Laerskool Tuine se sagtebal bestaan uit 0/10 – o/13 dogterspanne. Ons neem aan die noordwyk deel en vaar elke jaar baie goed daarin. Verlede jaar het 1 span as ligawenners geseëvier en twee ander spanne was naaswenners. Al ons spanne het ook na die Tshwane – Kampioenskap uitspele deurgedring.
T-Ball (Mini Sagtebal)
Laerskool Tuine het mini-sagtebal vir o/9 dogters en neem ook aan die mini-sagtebaldae deel wat gewoonlik op Saterdae plaasvind.
