Organiseerders

Mnr. Theuns van Heeren : Graad 3-7

theuns.laerskooltuine@gmail.com

Krieket help om motoriese vaardighede en die volle fisieke ontwikkeling van jongmense te ontwikkel.

Ons speel al van Gr. RR af krieket. Laerskool Tuine is ook aan stuur van ‘n dag/aand reeks, waar die o/11 en o/13 groepe betrokke is.

In 2022 spog ons met twee van ons spanne wat as liga wenners uittree en ons 0/12 span as Titans wenners, wat die hoogste prestasie in laerskole krieket is.

Ons neem deel aan die B1 liga in Pretoria en dit vind in die derde kwartaal plaas. Ter voorbereiding daarvoor gaan ons ook in die winter vakansie op klinieke en krieket toere.

Laerskool Tuine blink uit as een van die beste krieket skole in die weste van Pretoria.

Kleredrag

  • Day-Night : Groen sweetpak broek saam met die skool se KDA kraaghempie
  • Dag Krieket : Wit krieketbroek saam met die skool se wit kriekethemp.

 

Bev-Krieket Organiseerder

Mnr. Wynand van Tonder : Bev-Krieket (Mini Krieket)

wynand.laerskooltuine@gmail.com

Bev-Krieket hardloop nou al vir die afgelope 25 jaar, met onder 5, 6 en 7 spelers wat deelneem.

 Die groot verskil met Bev-Krieket is dat dit met ‘n harde bal gespeel word, soortgelyk aan krieket op skoolvlak. Hoekom ‘n harde bal?

Ons het opgemerk dat wanneer onder 5, 6, en 7’s krieket speel met ‘n sagte bal, is hulle nie gewoond aan die harde bal wanneer hulle op skoolvlak begin speel nie, en ons verloor baie potensiële spelers as gevolg hiervan.

Hierdie gaan die tweede jaar wees wat laerskool Tuine aan Bev-Krieket gaan deelneem en meeste van die wedstryde word by Midstream College gespeel.

Die seuns speel met ‘n wit broek en die skool se KDA kraaghemp.