Organiseerders

Juf. Dea van Brakel

deboraweideman@gmail.com

Juf. Melissa McKenzie 

Mini Netbal

melissa.laerskooltuine@gmail.com

 

Laerskool Tuine streef na hoë hoogtes met die netbal.  Ons het in 2022 top geëindig met al ons spanne.  Laerskool Tuine se netbal lewer gereeld Distriks wenspanne, asook dogters wat  die finale proewe bereik.  Ons het in 2023 na ‘n hoër liga geskuif en uitstekend presteer. 

Al ons afrigters is entoesiasties en het ‘n passie vir netbal.  Al die afrigters woon ook jaarliks kursusse by om op hoogte te bly van alle nuwe tegnieke wat ons die dogters kan aanleer.  Ons juffrouens is ook almal goeie skeidregters en ons lewer 2 Gauteng skeidsregters op.

Ons streef om netbal vir almal afterig, daarom het ons die afgelope jare A tot C spanne

Mini Netbal

Laerskool Tuine begin in Gr R met mandjienetbal om die dogters voor te berei vir hulle netbal toekoms.  Ons mini netbal begin vanaf Gr R tot Gr 3 en dit  is massa deelname en alle dogters is welkom om deel te wees van die netbalgroepe. 

Ons mininetbal afrigters is gekwalifiseerd met alle netbal kursusse om die basis van netbal vir ons dogters te leer.  Die mininetbal neem deel aan verskeie mininetbaldae en geniet dit baie.  Laerskool Tuine bied ook ons eie mininetbaldag aan waar ons spog met al ons dogtertjies.