Skoolgeld vir 2025

Halfdag: vakansies uitgesluit: R1 870-00

Halfdag: vakansies ingesluit: R1 955-00 

Voldag: vakansies uitgesluit: R2 020-00

Voldag: vakansies ingesluit: R2 095-00

Die skoolgeld word net vir 11 maande gehef – geen heffing vir Desember nie. Daar is ook geen registrasiefooi betaalbaar nie!

Neem asseblief kennis van die volgende rakende die fooie

Aangesien ons ‘n privaatinstansie is en geen subsidie van Laerskool Tuine ontvang nie, is die fooie STRENG vooruitbetaalbaar. U kleuter sal toegang tot die kleuterskool geweier word indien daar agterstallige fooie is. U het 3 dae grasie vanaf u salarisdatum om ‘n inbetaling te maak. 

‘n Volle maandelikse fooi is betaalbaar tydens die April-, Julie- en Oktober-vakansiemaande. 

INBETAAL-TYE:  Daagliks vanaf 06:30 tot 07:20 by die kleuterskool se kantoor.  Daar sal streng by hierdie tye gehou word.          

Indien u ‘n bank- of internetbetaling doen, vra ons asseblief dat u altyd u familiekode as verwysingsnommer op die betalingstrokie sal meld en ‘n bewys van betaling sal epos na finansiestuine@gmail.com.

Die kleuterskool se bankbesonderhede is as volg:

Laerskool Tuine 

Absa Bank 

Hercules 

Tjekrekening

Rekeningnommer: 80158750

Takkode: 632005

Indien u enige rekeningnavrae het, kan u tussen 06:30 en 13:00 met die kleuterskoolkantoor in verbinding tree by 

(012) 379 4406 / 7 tussen – 06:30 en 13:00 of ‘n epos stuur na groenienessie@gmail.com