Waar ons blokkie vir blokkie aan die toekoms bou

Groenie Nessie inskrywingsvorm

Baie welkom by Groenie Nessie

Dankie dat u ons oorweeg om die pad saam met u te stap tydens u kind se belangrikste vormingsjare.  Groenie Nessie is ’n trots Christelike, Afrikaanse kleuterskool waar ons nog speel-speel leer.  Elke kind is vir ons uniek en belangrik.  

Groenie Nessie is ‘n privaat organisasie en is al 24 jaar deel van Laerskool Tuine se een-stop-diens.  Sedert Groenie Nessie se deure in 2000 geopen het, beleef ons daagliks God se genade.

Groenie Nessie is bekend vir die hoë akademiese standaard wat ons handhaaf.  

Ons klasse het elkeen ‘n oulike tema en beskik oor ‘n wye verskeidenheid opvoedkundige apparate en fantasiehoekies wat ingerig is vir spesifieke ouderdom in die klas sodat optimale stimulasie kan plaasvind.

 

Groenie Nessie inskrywingsvorm

Ons is ook baie trots op ons terrein, met verskillende areas vir grootmotoriese ontwikkeling en fantasiespel.

Maak gerus ‘n afspraak om ons skool te besoek. 

Skakel Caren by (012) 379 4406/7 of stuur ‘n epos na groenienessie@gmail.com met enige navraag.  Ons sien uit daarna om u te ontmoet.

LAERSKOOL TUINE