Waar ons blokkie vir blokkie aan die toekoms bou

Groenie Nessie inskrywingsvorm

Baie welkom by Groenie Nessie Kleuterskool. 

Dankie dat u ons gekies het om die pad saam met u te stap tydens u kind se belangrikste vormingsjare.  Ons streef daarna om elke kleuter veilig en geborge te laat voel.  Daar word klem op emosionele, perseptuele en sosiale ontwikkeling geplaas.  Ons is ook trots op ons Christelike karakter en beskou dit as ‘n voorreg om nog in Afrikaans te kan onderrig sedert 2000.

Groenie Nessie inskrywingsvorm

Ons is ook baie trots op ons terrein, met verskillende areas vir grootmotoriese ontwikkeling en fantasiespel.

Maak gerus ‘n afspraak om ons skool te besoek. 

Skakel Caren by (012) 379 4406/7 of stuur ‘n epos na groenienessie@gmail.com met enige navraag.  Ons sien uit daarna om u te ontmoet.

LAERSKOOL TUINE