Organiseerder

Juf. Wilma Steynberg

steynbergwilma@gmail.com

As deel van Laerskool Tuine se doelstelling om gebalanseerde leerders in te rig en te bemagtig met verrykkende eienskappe, ag ons kulturele blootstelling en die beoefening van kulturele aktiwiteite van groot belang.

 

In 2022 het Laerskool Tuine werklik koning gekraai in kultuur by die Afrikaanse Kultuurvereniginge Kompetisie waar ons as Laerskool die volgende toekennings ontvang het.

Na afloop van die kultuurseisoen, hou die AKV ń jaarlikse toekenningsgeleentheid waar skole en deelnemers vir besonderse prestasies uitgelig word.

Laerskool Tuine presteer puik tydens hierdie geleentheid!

Ons stap weg met twee van die drie mees gesogte toekennings.

Laerskool wat presteer op alle terreine van die kunswedstryd – Laerskool Tuine

Mees veelsydigste laerskool deelnemer – Mea-Leigh Müller

 

Verder is ons trots om aan te kondig dat Laerskool Tuine ook die volgende toekennings ontvang het:

  • Beste prestasie – Beeldende Kuns
  • Beste prestasie – Engelse poësie
  • Beste Prestasie – Voordrag

Maar wag dit is nie al nie, die volgende leerders ontvang individuele toekennings in van hul kategorieë:

  • Beste prestasie- Voordrag Engels- Ava Daniels en Maruané Botha
  • Beste prestasie – Beeldende Kuns – Kehan Müller
  • Aangrypenste vertolking van ń voorgeskrewe gedig – Deandré Batt
  • Veelsydigste deelnemer in Engelse Voordrag – Dehano Müller
  • Beste prestasie – Kreatiewe Skryfkuns – Kaileen van der Merwe
  • Beste prestasie – Prosa – Mea-Leigh Müller
  • Beste Prestasie Voordrag – Mea-Leigh Müller
  • Beste prestasie -Samespraak – Dehano en Mea-Leigh Müller

Mea-Leigh ontvang ook ń AKV-erebalkie vir 10 en meer kategorieë gewen gedurende 2021 en 2022.

Interne Redenaars

Die doel van redenaars is om leerders se redenerende vermoë, taalgebruik, selfvertroue en selfstandige denke te stimuleer en ontwikkel. Leerders leer ook die vermoë aan om voor mense te praat en lê die basis van deurdagte leierskap.

Ons  jaarlikse Individuele Redenaarsaand vir beide Junior en Seniorfase is ‘n rasende sukses

Laerskool Tuine spog met Redenaars wat behoorlik kan tonge losmaak en in 2022 & 2023 is twee van daardie sprekers as Nasionale Wenners aangekonding.

Laerskool Tuine bied die geleentheid vir Individuele Redenaars, Onvoorbereide Redenaars en Spanredenaars.

 

Festival des Arts Kompetisie

In 2021 neem Laerskool Tuine die inisiatief om ‘n interne aanlyn kultuurkompetisie op die been te bring sodat ons leerders die liefde en passie vir kuns en kultuur kan uit te leef.

Sedert dan het hierdie kompetisie uit sy nate gebars en is nou ‘n jaarlikse instelling wat oopgestel is aan deelname van leerders uit ander skole en  ateljees of studios. Festival des Arts groei van krag tot krag en plaas Laerskool Tuine as ‘n baanbreker op die veld van Kuns & Kultuur.