Organiseerder
Juf. Nicole Minnaar
nicole.laerskooltuine@gmail.com
Laerskool Tuine het ‘n passievolle landloop groep met belowende talente. Laerskool Tuine is ook baie trots op ons leerders wat Gauteng – Noord klere ontvang het.
Landloop wedlope:
Daar is 4 wedlope tydens die voor seisoen en 4 wedlope tydens die skole landloop.
Leerders kan dan aan al 8 wedlope deel neem indien hulle sou wou.
Noord-Gauteng:
Die landloop bestaan uit 8 wedlope waaraan die leerders kan deelneem.Die leerders moet aan minstens 4 wedlope deelneem om te kwalifiseer vir die Noord-Gauteng en in die top 18 val van hul ouderdoms groep val.
SA’s Landloop:
Laerskool Tuine het in 2022 leerders gehad wat deur gehaal het na die landloop Sa’s span. Leerders moet eers aan die Noord-Gauteng kampioenskappe deelneem om Sa’s te haal.