Grondslagfase

Dit is vir ons Grondslagfase Personeel ‘n groot voorreg om te kan deel wees van ons Grondslagfase leerders se ontwikkeling en groei! Hierdie jare, veral Graad 1, word gekenmerk as van die mees onvergeetlike jare in ‘n kind se lewe! Tydens hierdie fase word leerders vir die eerste keer blootgestel aan ‘n formele leeromgewing en dié tydperk word beskou as die mees kritiese periode in u kind se opvoeding.

 

Ons leerders se Grondslagfase jare word daagliks gevul met opwindende en belangrike transisies waar hulle begin om kardinale akademiese vaardighede te ontwikkel.

‘n Soliede fondasie vir akademie word vasgelê waarop elke leerder kan voortbou vir toekomstige leer. Dit is spesifiek gedurende hiérdie fase ongelooflik belangrik om elke leer-geleentheid aan te gryp tot voordeel van u kind. 

Inskrywings

Inskrywingsvorm

Graad 1 inskrywings: 

  1. Inskrywing vir die volgende jaar maak oop voor die einde van kwartaal twee (Einde Junie)
  2. U is welkom om tuis aansoek te doen op die die volgende skakel: https://www.gdeadmissions.gov.za/
  3. Ons deel ook meer inligting op ons opedag elke jaar waar u dan op ‘n whatsapp groep geplaas word. Ons deel alle nodige inligting op die groep en stuur dan ook ‘n datum waarop u die skool kan besoek en hulp ontvang om in te skryf.
  4. Ons spog met meer as 80% van ons inskrywings vir Graad 1 wat van ons kleuterskool af kom, volg gerus die Groenie nessie skakel (Link tot groenie skakel) vir meer inligting oor ons puik kleuterskool op die perseel van Laerskool Tuine.

Graad 2 tot 7 Inskrywings

Indien u belangstel om u kind in te skryf vanaf Gr.2 tot Gr.7, moet u die volgende stappe volg:

  1. U as ouer moet die skool besoek en aanmeld by ontvangs, daarna sal u verwys word na die hoof om die aansoek te bespreek.
  2. Dit is belangrik dat u kennis neem dat die leerders van Laerskool Tuine Afrikaanse onderrig ontvang, en dat dit in ons reg is om die leerder se vermoe om in Afrikaans te luister en skryf te toets voor ons die leerder aanvaar.
  3. Bring die volgende saam:
  • Die leerder/s se punte tot dusver (Rapporte van kwartale).
  • ‘n Gedragverslag van die vorige skool.
  • ‘n Bewys dat u skoolfonds wat op datum is by die vorige skool.
  • ‘n Geboorte sertifikaat.

Indien daar plek is, sal die hoof besluit vir toelating tot Laerskool Tuine.