Organiseerders

Mnr. Kobus Vreugdenburg

kobus.laerskooltuine@gmail.com

Mnr. Jean Gouws

Bulletjie Rugby

jean.laerskooltuine@gmail.com

Laerskool Tuine het ‘n ryk geskiedenis van rugby en ‘n lang tradisie. Van die bulletjie rugby wat in die aande hard oefen en deur ouers afgerig word, tot die 1ste span wedstryd laat in die aand.

Ons spog met seuns wat by die o/12 en o/13 blou bul provinsiale spanne opgetrek word. Dis vir ons ‘n wonderlike prestasie om te weet dat ons spelers van die kaliber kan produseer.

Ons het ook ervare afrigters wat ‘n passie vir die sport het en verskeie toernooie en ligas gewen het. Ons is lief vir die sport en dit word met passie en energie aangebied om elke kind tot die beste van hul vermoë te ontwikkel.

Laerskool Tuine het in 2023 die uitdaging om in die A1 liga te speel teen van die grootste skole in Pretoria, gelukkig staan ons nie terug nie en ons vat elke uitdaging. Kom maak gerus ‘n draai wanneer ons speel en kom sien vir jouself.

 

Laerskool Tuine was vir baie jare in die B-liga, meet gereeld spanne wat liga wen en ook in die Blou bulle stadsbeker finale speel. Ons spog met ons 1ste span van 2022 wat teen Laerskool Louis Leipoldt in die Blou bulle finaal gespeel het en as oorwinnaars uit die stryd getree het. Dis nie net on 1ste spanne wat goed doen nie, baie van ons jonger spanne presteer ook goed tot in die finale.

Bulletjierugby

Laerskool Tuine spog met een van die grootste groep bulletjies in die Jakaranda streek, met meer 140 bulletjies wat van O/5 tot O/8 deelneem. Ons het passievolle ouers wat twee tot drie keer ‘n week met die seuns oefen van 18:00 – 19:00 op die skool se rugbyveld. Ons voorseisoen begin in kwartaal 4 waar ons dan aandag gee aan vaardighede en idividueel aandag gee aan seuns wat dit benodig, waarna ons dan op ‘n kort breuk gaan as die skole sluit aan die einde van die jaar.

Ons hervat dan weer die voorseisoen gedurende kwartaal 1 en begin in kwartaal 2 met die liga wedstryde. Laerskool Tuine se bulletjierugby skep die geleentheid vir ouers om betrokke te raak by hulle kinders se ontwikkeling, en om direk ‘n impak te he op hul groei, fisisies, kognetief en emosioneel.