Wie is ons?
Laerskool Tuine
Visie
Laerskool Tuine is ʼn Afrikaanse openbare skool wat daarna streef om op ʼn holistiese wyse kwaliteit onderrig en ontwikkeling aan leerders te bied.
DIT WORD BEREIK DEUR :
- Kinders ongeag geslag, taalvoorkeur of herkoms altyd menswaardig te behandel.
- Afrikaans as onderrigmedium te gebruik.
- Engels as eerste addisionele taal vanaf gr. 1 tot 7 te onderrig.
- Setswana word as ‘n inleiding tot Afrika-tale aangebied.
- Roepingsbewuste onderwysers aan te stel en te ontwikkel.
- Waar enigsins moontlik en prakties haalbaar, die jongste tegnologie in te span om onderrig te verbeter.
- Die handhawing en uitbouing van bestaande waardes, norme en standaarde en die uitlewing daarvan op alle gebiede.
Hoof
Mnr Jaco Snyman
Laerskool Tuine is offisieel geopen op Dinsdag, 7 April 1953 deur die Direkteur van Onderwys, Dr. A.H. Dup van Wyk. Op die eerste dag is 464 leerlinge ingeskryf, vandag is ons 1022 leerders van Graad RRR tot Gr 7. In 1964 word die Johan Steyn-saal ingewy, met die oorspronklike struktuur wat vandag nog staan.
Ons spog ook met ‘n sisteem wat onderwysers op lewer, met 10 van ons huidige onderwysers wat in Laerskool Tuine was. Ons Visie is om voortdurende vernuwing te verseker tot meesterskap en totaliteit.
Ons Missie is om doeltreffende kommunikasie tussen alle rolspelers te verseker, om ons infrastruktuur uit te brei en in stand te hou, om te streef na optimale prestasie in akademie, sport, kultuur en dienslewering, terwyl ons die christelike etos uitbrei in ons breër gemeenskap, en teen einde behoefte te identifiseer van alle rolspelers.