Intermediêre Fase

Die intermediêre fase is daarop gerig om fundamentele konsepte en vaardighede wat reeds aangeleer is in die grondslagfase, as vertrekpunt te gebruik en daarop voort te bou. Leerders word blootgestel aan gevorderde vakke, kennis, leerinhoud, assesserings en ander areas van fisiese, akademiese, sosiale en emosionele ontwikkeling. Kwaliteit onderrig en leer is kardinaal in hierdie fase om die nodige vordering te verseker.

Gedurende die intermediêre fase maak leerders staat op hulle voorkennis om tot ‘n groot mate onafhanklik akademies te kan werk. Hierdie fase word ook daaraan gekenmerk dat dit ‘n tydperk is waar u kind vir die eerste keer selfstandig moet leer, deur middel van die nodige bemagtiging en begeleiding.

Dis belangrik dat daar in diè tydperk ‘n liefde vir leer gekweek word deur die daarstelling van ‘n positiewe leer-kultuur en gesindheid. Wanneer leerders ondersteun word met individuele doelwitstelling, akademiese roetine en struktuur en bemiddeling van leervaardighede, vergemaklik dit die aanpassing na die onderskeie nuwe grade en kweek ons so ook lewenslange leerders

Inskrywings

Graad 2 tot 7 Inskrywings

Indien u belangstel om u kind in te skryf vanaf Gr.2 tot Gr.7, moet u die volgende stappe volg:

  1. U as ouer moet die skool besoek en aanmeld by ontvangs, daarna sal u verwys word na die hoof om die aansoek te bespreek.
  2. Dit is belangrik dat u kennis neem dat die leerders van Laerskool Tuine Afrikaanse onderrig ontvang, en dat dit in ons reg is om die leerder se vermoe om in Afrikaans te luister en skryf te toets voor ons die leerder aanvaar.
  3. Bring die volgende saam:
  • Die leerder/s se punte tot dusver (Rapporte van kwartale).
  • ‘n Gedragverslag van die vorige skool.
  • ‘n Bewys dat u skoolfonds wat op datum is by die vorige skool.
  • ‘n Geboorte sertifikaat.

Indien daar plek is, sal die hoof besluit vir toelating tot Laerskool Tuine.

Top 10

Baie geluk aan die leerders wat Top 10 behaal het die Kwartaal

Graad 7

Graad 6

Graad 5

Graad 4