Atletiek
Organiseerder
Juf. Nicole Minnaar
nicole.laerskooltuine@gmail.com
In 2022 het Laerskool Tuine 9 atlete gehaad wat deel vorm van D15 se distrikspan, asook 2 atlete wat Gauteng Noord klere gekry het vir spiesgooi, beide behaal elk ʼn tweede plek. In 2023 het ons tot dusver 11 atlete wat deel vorm van die Cluster span.
Laerskool Tuine se sub-cluster bestaan uit 8 skole in ons omgewing. Hier neem die leerders deel. As ʼn leerder ʼn eerste of tweede plek behaal word hulle deel van die sub-cluster span waar hulle dan in die Cluster byeenkoms deelneem.
By die Cluster-byeenkoms is ons drie sub-cluster wat teen mekaar deelneem. Weereens as ʼn atleet ʼn eerste of tweede plek behaal vorm hulle deel van die Cluster-span wat dan by die distrik byeenkoms deelneem. By die distrik byeenkoms is ons vier clusters. (D15) Weereens, as ʼn atleet ʼn eerste of tweede plek behaal kry hulle distrik-klere en neem dan deel aan die Gauteng Noord kampioenskappe.