Tariewe word so laag moontlik gehou om ‘n diens te lewer aan ons ouers en skool.
Die koste per maand vir 2024 is as volg:
Vakansies uitgesluit : Per leerder : R570.00 per maand oor 11 maande.
Vakansies ingesluit : Per leerder : R640.00 per maand oor 11 maande.
Dagtariewe : R50.00 per dag
(streng vooruitbetaalbaar).
Vakansieskool dagtarief : R100.00 per dag
(Streng vooruitbetaalbar)
’n Kwitansie moet getoon word aan die Naskoolpersoneel voordat u kind toegelaat sal word.
Ons dag program is as volg:
13:40 : Skool verdaag en leerders sluit aan by die Naskool terrein om ‘n voedsame broodtjie te eet en ‘n lekker glas koeldrank te drink. Register word geneem.
13:50 : Leerders verdaag na aktiwiteite.
14:00 : Alle leerders meld aan by studieklasse wat gelei word deur gekwalifiseerde onderwyseresse.
15:00 Tot 18:00 : Leerders speel tot hul ouers kom.
15:00 tot 17:00 is daar huiswerkklas vir leerders wat by sport aktiwiteite, kultuur of leerderondersteunigs klasse was.