Organiseerder

Juf. Melissa Pretorius

melissap.laerskooltuine@gmail.com

‘n Beskeie eg Afrikaanse boeresport word ook by Laerskool Tuine aangebied. Jukskei wat deur die afrikaner voortrekkers ontwikkel is, is besig om eksponensieel te groei in Suid-Afrika.

Jukskei is ‘n sport vir enige kind met enige skillset. Dit leer jou menseverhoudings bou en stel jou bloot op ander platforms. Laerskool Tuine spog met provinsiale spelers en selfs al SA skole spelers.

Dit word elke dag van die week beoefen tydens die 3de kwartaal om leerders die geleentheid te gee om by ander sportsoorte deel te kan neem. Die ligas vind op Saterdae plaas en dis vir oud en jonk. Ons is bevoorreg om ‘n trotse egte afrikaner sport aan te bied.